Cape West Coast
Advertise on Bokkom | West Coast Events | Blog | Free Fax | Wind and Weather
 
Quick Business search   Site Wide Search
 

SA Vissery Museum - Velddrif

Vissery Museum

Die SA Visserye Museum Velddrif het verlede jaar vanaf Houtbaai na 'n gerestoureerde historiese gebou in die hawegebied, Laaiplek, verskuif.

Die museum huisves kosbare artefakte van die visserye-industrie, terwyl die nuwe Velddrif uitstalling die geskiedenis van dié dorp en sy omgewing, wat onlosmaaklik aan die visbedryf gekoppel is, uitbeeld.

Uitstallings sluit in ‘n versameling van geskiedkundige voorwerpe en dokumente, visvang- en visverwerkingsmetodes, modelle van vissersbote en nette, DVD’s oor die see en sy skatte, 'n digitale ensiklopedie en 'n verskeidenheid skyfievertonings op rekenaar. Daar is ook 'n vakbiblioteek oor vistegnologie en verwante onderwerpe.

Begeleide toere, lesings en praatjies word op versoek aangebied. Besigtigingsure is op Dinsdag tot Donderdag vanaf 10:00 tot 16:00, en Saterdae vanaf 10:00 tot 13:00. Toegangsgeld is betaalbaar.

Die museum vir almal wat belangstel in die see en sy skatte. In die hawegebied langs die Laaiplek Hotel.

Kontak 082-849-9251 of 022-783-2531

vissery-museum

Vissery museum

Vissery museum

Vissery museum

Vissery museum