Cape West Coast
Advertise on Bokkom | West Coast Events | Blog | Free Fax | Wind and Weather
 
Quick Business search   Site Wide Search
 
See-Ster Selfsorg Akkommodasie in Jacobsbaai

Graag stel ons bekend jou kuier plek by die see
See-ster.Kom geniet rus en vrede , koel aande met prentjie mooi sonsondergange en word soggens wakker met die see se gedruis in jou ore.

Sodra jy arriveer wag daar heerlike koffie, tee en beskuit op jou. Kos vir die naweek kan jy by ons eie Mall, die Weskus Mall koop. Dit is slegs 15 minute se ry van Jacobsbaai af.

See-ster akkommodasie

LET WEL !!

Die See-ster sal Mei- maand gesluit wees a.g.v. aanbouings.

Vanaf Junie sal daar 2 slaapkamers wees, 1 met dubbelbed en badkamer met bad, toilet en wasbak. Die ander kamer 2 enkel beddens met stort, toilet en wasbak.

Indien jy te vêr gery het en glad nie enige iets onmiddellik wil aanvul behalwe jou honger nie; kan ons altyd met vroegtydige kennisgewing vir jou plek bespreek by die restaurant op Jacobsbaai, die Weskusplek.

Daar is baie te doen vir die energieke mense bv. visvang, kreef vang, fietsry, inkopies en ‘n besoek aan die fossielpark. Miskien wil jy net rus en lees en ‘n vleisie op die kole gooi, dan is die See-Ster net die plek vir jou. Die keuse is absoluut joune. Kom geniet wat ons as permanente inwoners elke dag ervaar op Jacobsbaai.

Voorsiening word gemaak vir die volgende:

  • Beddegoed
  • Handdoeke
  • Dstv
  • Eetgerei, rooster
  • Skoonmaakgoed

Koste per nag:
Binne seisoen:
1 Desember tot 31 Januarie en Paasnaweek
Minimum van 2 persone R375 per persoon per nag ( minimum van 2 nagte)
Kinders onder 12 halfprys
Kinders onder 2 gratis

Buite seisoen:
Minimum van 2 persone @ R300 per persoon per nag (minimum van 2 nagte)
Kinders onder 12 halfprys
Kinders onder 2 gratis

Asseblief: Geen rook in woonstel.

Kontak asb.
Chrisna Groenewald
Tel no. 082 650 9393
Email adres: cgroenewald@telkomsa.net

Jammer, geen troeteldiere toegelaat nie.

Akkommodasie Jacobsbaai

 

cobsbai accommodation

Akkommodasie in Jacobsbaai

Selfsorg akkommodasie Jacobsbaai

Akkommodasie in Jacobsbaai

Jakobsbaai akkommodasie

Jacobsbaai akkommodasie