Hilux4x4.co.za Klub Maak Trekoskraal skoon

‘n Paar Hilux 4×4 geesdriftiges het die laaste maand van Feb 2010 ‘n poging aangewend om Trekoskraal skoon te maak.

Die van julle wat Trekoskraal gereeld besoek sal weet wat se gemors sommige van die mense wat daar gekamp het daar agtergelaat het.

Daar is veral op los rommel soos glas, plastiek en papier gekonsentreer. Ons het ‘n sleepwa van 5×2 meter vol gemaak. Hoewel baie rommel versamel en weggery is, was dit seker nie eers 30% van die gemors wat daar nog lĂȘ en wag nie.

http://www.hilux4x4.co.za

Trekoskraal

Hoop gemors wat versamel is by Trekoskraal

Trekoskraal Skoonmaak

Trekoskraal

'n Wa vol gemors

This entry was posted in In The News and tagged . Bookmark the permalink.

3 Responses to Hilux4x4.co.za Klub Maak Trekoskraal skoon

  1. Romano says:

    ek dink n mens moet maar net n bietjie begin voet neer sit. Dit is a.g.v sulke tiepe gedrag wat dit sleg maak vir ons,ons geniet dit daar dis rustig maar die gemors gaan nog veroorsaak dat daar nie meer gekamp mag word nie.
    miskien n oplossing van n board met n nommer wat ons kan skakel as ons so its sien.
    ek en n paar famielie lede gaan weer kamp vir die naweek

    • Pieter says:

      Romano, eintlik mag mens reeds nie meer daar kamp nie, behalwe natuurlik as jy onder die hoogwater merk kamp.
      Wat ook ‘n groot verskil kan maak is as elke ou wat daar gaan kamp aan die einde van die naweek net een sak ekstra gemors huis toe neem en gaan weggooi.

  2. Elsie says:

    Baie dankie vir julle poging tot skoonmaak. Meer sulke daadpogings sal ons land verander in ‘n skoon plek isv die vuil land wat dit op die oomblik is. Ander 4×4 klubs, mag hierdie poging vir julle ‘n uitdaging wees. Hou so aan!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>